| In huishoudings met klein kinders is kleuters wat gedurig gesprekke onderbreek gewoonlik die reël eerder as die uitsondering. Party ouers kla selfs dat hulle nooit ’n gesprek kan voltooi nie. Kan jou kind leer om sy beurt af te wag? |
Kinders vertel dikwels dat hulle by die skool onregverdig behandel word, en dit gebeur soms dat ’n kind herhaaldelik oor dieselfde onderwyser kla. Hierdie eensydige perspektief plaas ouers in ’n moeilike posisie. Wie is die skuldige en, belangriker, wat moet hulle daaromtrent doen? |
Skinder is al grappenderwys beskryf as “om iemand anders se sondes in sy afwesigheid te bely”. Só gee ons vir een van die mens se lelikste gewoontes ’n mooi beskrywing. Dit is veelseggend dat Salomo skindernuus met lekker kos vergelyk (Spr 26:22). En dan voeg hy by: “… mense sluk dit so maklik.” Het hy dalk aan eie lyf gevoel dat die diepste wonde nie noodwendig deur swaarde toegedien word nie, maar deur woorde? |