Mense
Voorblad | Gesin | Mense | Wie is ons | Keurkos | Resensies | Klein advertensies | Kuier saam | Huwelik

Klik op foto's vir groter weergawes!

Romanz en hul geliefdes ...

Skaars twee jaar nadat Romanz die Suid-Afrikaanse musiekmark getref het, is meer as 160 000 CD’s van dié vier talentvolle manne se musiek reeds verkoop.

Hulle dink egter nie aan hulleself as ’n viermanskap nie, want ... agter elke roMANz

Die sukses wat die sanggroep Romanz die afgelope twee jaar behaal het, is verstommend. Ja, dit is slegs twee jaar gelede dat die vier manne met die fluweelstemme hulle buiging by die Aardklop-Nasio­nale Kunstefees gemaak het. En in November 2008 het hulle eerste CD, My hele hart, verskyn. Binne twee maande het dit goue status behaal en ’n paar maande later platinum. Tans geniet dít dubbelplatinum-status. Die tweede CD, Bly getrou, en die gospel-CD, Ek sal getuig, het albei reeds platinumstatus verwerf. In minder as twee jaar het hulle dus meer as 160 000 CD’s verkoop!

Wanneer ’n mens met dié vier talentvolle manne gesels, is daar een ding wat soos ’n refrein deur die hele gesprek loop: die vaste oortuiging dat God hulle spesiaal uitgesoek het om Hom met hulle musiek te vereer. En dan is daar nóg iets – vroue. Elk van die groeplede het ’n baie spesiale vrou aan sy sy. “Agter elke suksesvolle man staan daar definitief ’n vrou!” koor hulle.

Lees verder in die September-uitgawe van LIG

© 2008 LIG - Tydskriftemaatskappy. Alle Regte Voorbehou.